Welkom
‘n Unieke leersentrum in die hartjie van Magaliesburg
Eden Leersentrum Magaliesburg is ‘n veilige en rustige omgewing waar jou kind kwaliteit en individuele onderrig ontvang.
Die Leersentrum het sy deure geopen in 2015 met kleuters, Gr R en Gr 1. Die hoofdoel is dat die vorige graad die volgende jaar sal voed, wat met verloop van tyd sal ontwikkel en groei tot ‘n volledige fasiliteit wat kinders sal dra reg deur hulle primêre onderrig.
Ons beleid is om slegs 12 leeders per fasiliteerder in te neem wat optimale en kwaliteit fasilitering moontlik maak.
Ons doelwit en visie vir die leersentrum is om elke ouer die geleentheid te bied om die hoogste gehalte opvoeding en persoonlike aandag vir sy kind te ontvang, teen ‘n bekostigbare fooi.
Die fokus by die leersentrum is individuele karakterbou en persoonlike ontwikkeling volgens elke kind se vermoë. Van ‘n jong ouderdom af word elke kind die geleentheid gebied om selfstandig en onafhanklik te werk.
Meer oor ons
Eden Leersentrum streef om dit wat God in elke kind reeds ingeweef het na vore te bring. Die gesin speel 'n kardinale rol in hulle kind se opvoeding dus sien ons ouerbetrokkenheid in ‘n ernstige lig. Die leersentrum streef ook na liefde vir God, naaste en self, asook om integriteit en respek vir self en ander uit te leef. Ons streef na diensbaarheid in die gemeenskap en om die vrug van die Gees te ontwikkel. Die leersentrum glo in kleiner groepe wat onmeetbare voordele vir u kind sal inhou. Individuele aandag, onmiddelike identifisering van ‘n probleem, nodige bystand in probleemoplossing, opbou van selfbeeld en ontwikkeling van elke leerder se uniekheid word bevorder. Alhoewel die leersentrum akademie baie hoog ag, sal die kind se kreatiewe denke tot sy volle potensiaal ontwikkel word, sodat entrepeneurskap in elke leerder geprikkel word. Eden streef daarna om die kind se Godgegewe talente te ontwikkel.
Michélle Nortjé
Eden leersentrum stigter: "Die Here het vir my 'n visie in 2014 gegee om 'n Christelike plek van onderrig te begin. Die grootste probleem met privaat onderrig is dat dit slegs finansieël bereikbaar is vir die hoë inkomste groep. God het dit vir my geopenbaar dat as dit by kinders kom daar geen onderskeiding mag wees nie en dat privaat onderrig beskikbaar behoort te wees ook vir die gewone inkomste ouer. Eden probeer sover moontlik om God se visie te gehoorsaam. Eden is ‘n bekostigbare leersentrum waar die leerders optimale persoonlike aandag ontvang en ouers deel word van hul kind se opvoeding, tesame met die hulp van Eden fasiliteerders.”
‘n Plaasskool propvol aktiwiteite
- Plaaslewe
- Entrepeneursdag
- Loslitdag
- Atletiek
- Besoeke
Vrae
Watter Kurrikulum word gebruik by Eden Leersentrum Magaliesburg?
Impaq se CAPS+ Kurrikulum word gevolg, wat in lyn is met Publieke skole se Kurrikulum.
Bied jul Leersentrum sport aktiwiteite aan?
Nee, daar is nie amptelike sport nie, maar daar is wel addisionele aktiwiteit soos balspel aangebied deur Rugby Stars.
Ons ouers vertel
Ons dank die Here elke liewe dag vir ‘n veilige hawe vir ons kinders soos Eden. Hier kan ons kinders speel en leer. Die belangrikste is, is dat hulle elke dag van Jesus geleer word en dat hulle leer hoe om te bid van ‘n jong ouderdom af. Baie dankie aan elkeen wat betrokke is by Eden en die visie van Eden dra.
Ons kinders geniet Eden ongelooflik baie! Na ‘n vakansie is ons kinders opgewonde om weer terug te gaan na die Leersentrum toe omdat hulle die fasiliteerders en maats baie mis!
By Eden kan ons kinders nog kinders wees. Hulle het toegang tot ‘n speelterrein met klimrame, swaaie en ‘n sandput – enige kind se droom. Dankie Eden!
Die kleiner groepe by Eden verseker dat ons kinders persoonlike aandag kry en dat daar teen elke kind se pas en tempo gewerk word wat ongelooflik belangrik is in die kinders se ontwikkelling.
Prospektus
Vir meer inligting rakende die Impaq Kurrikulum
besoek gerus hulle webwerf deur op
die Impaq logo te kliek
•Maandelikse sentrumfooie is ten volle betaalbaar vanaf Januarie tot November, insluitende alle vakansies.
•NB: Een maand kennisgewing moet gegee word wanneer u kind die sentrum gaan verlaat, andersins sal 1 maand se fooie verhaalbaar wees.
•Geen kansellasies sal gedurende Oktober en November maand aanvaar word nie, tensy die kind verhuis.
•Fooie word nie pro-rata bereken nie.
Sentrum ure:
Die Leersentrum is gesluit tydens vakansies.
Die Leersentrum is nie streng gebonde aan die standaard skool kalender nie.
Die kinders begin stiptelik 07:00 met hul daaglikse werk met gereelde pouses tussen in.
Daaglikse na-ure sorg is opsioneel ekstra @R800 per kind per maand tot 17:00 – broodjie en koeldrank ingesluit.
Kontak ons:
1 Magalies straat
Magaliesburg
Gauteng
1791
Posbus 80
Magaliesburg
Gauteng
1791
Michélle Nortjé (Leersentrum bestuurder)
072 378 7229
(tussen 14h00 en 17h00)
Alternatiewe kontak persoon
Lorell Strydom
071 861 6192
(tussen 08h00 en 14h00)















































